Lirieke - Ek hou van jou

Vriende is ‘n vreugde in die lewe
Die vreugde om te weet, jy’s nie alleen
Vriende is die ongekende weelde
Van iemand wat verstaan en ondersteun
Vriende is ‘n rykdom in die lewe
‘n rykdom wat jou Rande nie kan koop
en daarom sing my hart ‘n nuwe liedjie
vir vriende wat getrou hier langs my loop

Refrein:
Ek hou van jou; jy maak my hart so bly
Ek hou van jou – jy’s baie goed vir my
Ek sê dit nou – want more is dit dalk te laat
Ek hou van jou – en wat ookal gebeur
Ek hou van jou – net altyd meer en meer
Ek sê dit nou – want more is dit dalk te laat

Vriende is soos warm winterstruie
wat snoesig oor jou koue skouers vou
vriende deel die draai van die getye
en gee jou soveel mooi om te onthou
vriende is ‘n rykdom in die lewe
‘n rykdom wat jou Rande nie kan koop
en daarom sing my hart ‘n nuwe liedjie
vir vriende wat getrou hier langs my loop!

Refrein:
Einde: more is dit dalk te laat
More is dit dalk te laat!