Lirieke - Meer As Woorde

Liefde is ‘n wondertaal wat warm uit die harte straal
Oral waar jy heen mag gaan sal mense hierdie taal verstaan
Liefde lê nie net in woorde nie, dade sê tog soveel meer
Liefde word bewys deur wat jy doen en gee

Refrein:
Jy sê jy’s lief vir my met meer as woorde
jy  bring die mooiste wat ek het in my na vore
jy sê jy’s lief vir my met heel jou lewe
en dit beteken meer as woorde ooit kan sê

As ek iemand nodig kry is jy altyd daar vir my
Sonder dat ek daarvoor vra, kom help jy om my las te dra
Liefde lê nie net in woorde nie, dade sê tog soveel meer
Liefde word bewys deur wat jy doen en gee
Refrein: