Lirieke - Wil jy dans Carina
|
|
|
Studentesokkiejol en die saal is lekker vol Almal draaiend almal swaaiend oor die vloer Maar die meisie na wie ek die heel-aand loer Wil glad nie dans nie Magrietjie teen die muur waarom is jy dan tog hier Waarom kyk jy sonder ophou na die deur Wag jy vir ‘n ander om te kom maar hy kom nie meer
Wil jy dans Carina, gee net kans Carina Alles is die moeite werd om te probeer, dis maklik om te leer - ek vra jou nog ‘n keer gee jou hand, Carina – net vannaand, Carina alles is die moeite werd om te probeer, ek vra jou nog ‘n laaste keer
Die aand is haas verby en nog al die tyd sit sy Klein Magrietjie met die hartseer in haar oë Dit is asof sy dit amper nie kan glo Dat hy nie kom nie Sê-nou sy sê ja as ek haar ‘n keer gaan vra Voor sy dalk besluit om koshuis toe te gaan En dis net toe sy wou opstaan om te loop Dat ek voor haar staan
Refrein: Wil jy dans Carina, gee net kans Carina Alles is die moeite werd om te probeer, dis maklik om te leer - ek vra jou nog ‘n keer gee jou hand, Carina – net vannaand, Carina alles is die moeite werd om te probeer, ek vra jou nog ‘n laaste keer - 2X |
|
|
|
|
|
|