In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou: Al lyk dinge ook hoe sleg, daar is ALTYD nog iets goeds oor!
Pitkos
February 6, 2012 Oupa en Ouma is tops
Vriende van ons is oupa en ouma van 'n kostelike 4jarige dogtertjie. 'n Tydjie terug kondig sy aan dat sy nou gereed is om hemel toe te gaan. "Maar hoekom nou al?" vra die mamma. "Want die Hemel is die heel beste plek, dit staan in die Bybel, en al die prentjies van die Hemel wys hoe mooi dit daar is, daarom wil ek daar wees", kom die antwoord. Die mamma verduidelik dat mens eers doodgaan en dan Hemel toe gaan. Dan kan jy nie weer aarde toe kom nie, en wil sy nie maar nog 'n rukkie by hulle op die aarde bly nie?
Die snippie oordink dit vir 'n rukkie en stem toe in. "Goed - maar dan wil ek by my ouma en oupa gaan kuier! "
January 16, 2012 DIT IS DIE JAAR VAN NUUT BEGIN
Dit is die jaar van nuut begin, Vader -
Agter my staan swart murasies. Om my sien ek afgebrande veld.
Op hierdie puinhoop is daar niks waaraan ek kan vashou nie.
Ek het net die versekering uit U Woord: "Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby - die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God" (2 Kor 5:17-18)
Here, wys my tog vandag dat dit waar is
December 26, 2011 SEENWENS
Mag jou langpad in die nuwe jaar, vir jou 'n kortpad word
Mag jy altyd die wind in jou seile he - en mag die Son van Genade oor jou skyn
Mag die goeie gawes soos sagte reen oor jou velde val -
en mag God jou veilig vashou in die palm van Sy Hand!
December 9, 2011 GENADE VIR KERSFEES
GENADE is `n reuse geskenk -amper te groot om te aanvaar, - omdat genade ons OORMAAK:
Genade is iets wat eenvoudig gegee word. Genade neem die onbruikbare stukkies van ons laslappielewe en werk dit, nog voor ons vra, aanmekaar in pragtige heelwees-prentjies.
Dit neem die hart wat deur die modder gesleep is, hemelse wassery toe en hang dit weer - silwerskoon en netjies gestryk - op die hanger van die lewe. Dit maak moedeloses weer mense van hoop, verander bitterheid in vergifnis en herskep verlorenes in Ewigheidskinders. Deur genade word `n troostelose toekoms omskep in `n lewe wat uitsien na more.
Goddelike genade stel nie voorwaardes nie, het nie verwagtinge nie, deel nie reels uit nie en verwyt nooit nie. Dit se: Ek het jou lief net soos jy is. Jy hoef nie `n eers-mens te wees nie: iemand wat eers moet doen, werk, lyk, gee en dien nie. Ek gee aan jou My vergifnis, aanvaarding en liefde, terwyl jy is wat jy is.
Want met Kersfees, het Ek gekom om uitgetorringde lappiesmense se lewe aanmekaar te werk tot `n hemelse eenheid.
God se genade is te groot om te verstaan. Tog is dit waaroor ons geloof gaan. Waaroor die liefde, die lewe en die ewigheid saam met Christus gaan. Gelukkig hoef ons nie eers die omvang van God se gee-genade te begryp voor ons dit aanvaar nie. Ons kan dit, wat so onvoor-
waardelik aan ons geskenk word, maar net met dankbaarheid omarm, en ons eie maak.
November 29, 2011 Want Sy Woord sal ewig staan ...
In die pragtige NG Moederkerk van Laingsburg, is 'n merker, wat aandui hoe hoog die groot vloed in die tagtiger-jare, deur die kerk gestroom het. Hoog, man, dieper as 'n swembad se diepkant - ver bokant Francois se kop. Maar as jy vandag in die kerk kom, sal jy dit nooit eers weet nie. Alles wat herstel moes word, is lankal gedoen. Maar dit was blykbaar nie veel nie - 'n paar kerkbanke, en die onderste gedeelte van die imposante soliede hout kansel. En bokant die kansel staan hierdie wonderlike woorde teen die muur geverf in sulke swaar, duidelike letters: "HET EVANGELIE DER GENADE GODS"
En ons dink: God se Woord laat hom nie deur waters wegdryf nie, nie deur bomme, seisoene, mense wat kom en gaan, of selfs ook nie deur die gebrekkige manier waarop ons mense die Woord probeer oordra, en soms so ver tekort skiet nie. Hoe wonderlik is dit: dat daar vir ons almal nog genade tyd oorgebly het; en ook dat die behoud van die kerk - letterlik en figuurlik - gelukkig nie deur mense bepaal word nie maar deur HET EVANGELIE DER GENADE GODS!
November 22, 2011 WAAR IS DIE VREDE?
Here Jesus, waar is die vrede waarvan die engele gesing het?
Toe ek ‘n kind was, het ek hier teen die einde van die jaar gebewe
van ekstase oor engele en geskenke.
Nou is alles leeg en dood.
Persente is tydelik, die engele sing nie
en oor U en U alleen bewe ek nie
Here, by U kom vra ek met skaamte ‘n lewensveranderende ingryping
By U vra ek ‘n rivier in vloed:
Ek vra ‘n vloed van dankbaarheid,
‘n vloed van sekerheid
‘n vloed van vrede in my gemoed
Uit: HY VERKWIK MY SIEL; STRUIK CHRISTELIKE BOEKE
November 7, 2011 LEWE!
LEEF NOU
mens kan nie vir altyd sterf nie:
op ‘n dag moet jy jou dagboeke verbrand
én die brûe van die verlede
as jy tot die besef komdat hullenie na die toekoms toe lei nie ...
op ‘n dag moet jy vergete ou kennisse
en vasgegroeide ge-ykte gewoontesuit jou lewe verban
hulle houvas afkap- vingers en al
op ‘n dag moet jyteen jou eie pas begin loop,
jouself van ander se mening stroop
alleen gaan fietsry
sonder `n trui omdat die res koudkry
gaan waar jy wil, instilte –
en in die geheim speel jy’s weer sewe
een goeie dag,moet jy opstaan
- en lewe
October 27, 2011 TANNIE SE OOM
Gister keer 'n dogtertjie my opgewonde voor by die kinderkrans, waar ek help met die lekkersing. "Tannie! Ek het vir tannie en tannie se oom op 'n poster in die dorp gesien!" Ja, ja .... geluk met jou verjaardag volgende week, "oom" Francois !!??
October 11, 2011 VELSORG IS BELANGRIK
"We at Kallé believe in cellular wellness – a healthy cell is a healthy, beautiful skin. Our unique technology helps restore and revitalise skin cells and deposits all the natural nutrients the skin requires to recover its original beauty and youthfulness".
Ek moet se dat hierdie wonderlike, sagte en natuurlike produk my vel so lekker laat voel! Die reeks is medies gefundeer juis daarom vertrou ek dit volkome.
Hy het die dood vir goed oorwin en Hy regeer, Hy regeer, Hy regeer!
Laat die fees begin, vee die trane weg
Nooi die mense in want die tyd is reg
Laat die fees begin, laat ons sing en dans
Dis ‘n weer begin – dis ‘n nuwe kans!
Want GOD maak alles nuut die oue is verby
Kom sing ‘n nuwe lied, die feesmaal is berei
Laat almal juig en sing en jubel voor die Heer
Hy het die dood vir goed oorwin en Hy regeer
Hy regeer - Hy regeer!
September 8, 2011 GESTREM OF NORMAAL?
Die afgelope naweek was ons die gaskunstenaars by 'n gala-dinee in Windhoek, met die fokus op die behoeftes van gestremde mense. Dit was omtrent 'n kopskuif ... wat ons nogal laat dink het oor wie nou eintlik gestrem en wie nou eintlik "normaal" is. As jy sien hoe goed aangepas gestremde mense by hulle situasie is, hoe goed hulle hulle self aanvaar, laat dit jou twyfel oor jou eie self-aanvaarding. Soos Francois tereg opgemerk het: dit lyk of die enigste gestremdheid eintlik in "normale" mense se koppe is. Dis hulle wat sukkel of ongemaklik voorkom as dit by gestremde mense kom, nie die een in die rystoel, of die een sonder arms, of die blinde of dowe persoon nie!! Agter op die programverloop vir die aand, was hierdie vers gedruk. Maak gerus saam met ons 'n kopskuif oor gestremdheid:
Abilities - not disabilities
enabled - not disabled
independence- not dependence
we hope, dream, love,
we work, play, snore-
we get mad, cry, eat
we get hired and fired
we are just like you:
different, yet the same
every single one of us matters
we are all interdependent
on each other
August 20, 2011 SPEEL U LIED DEUR MY
U is die Potlood, ek die papier - skryf U Woord in my
U is die Wysie, ek die klavier - speel U lied deur my
Maak my U wil bekend, ek is U instrument - bespeel my
Stem my hart se snare in .... laat my siel U lof besing
En heel my, heel my met U vrede
U is die Potlood, ek die papier - skryf U Woord in my
U is die Wysie, ek die klavier - speel U lied deur my
Maak van my ‘n hemel koor, tot die hele wêreld hoor , o stuur my
Elke lofsang en gebed , alles wat ek in my het,
O stuur my - stuur my met U vrede
U is die Potlood, ek die papier - skryf U Woord in my
U is die Wysie, ek die klavier - speel U lied deur my
Speel U lied
deur my
August 1, 2011 Die HERE het nie 'n klanksisteem nodig nie
Ons HET gedink dis ‘n “failure” , verlede Sondag aand se sangdiens in Richardsbaai. Die klank het ingegee, net voordat ons moes begin. Enige kunstenaar se grootste nagmerrie. Die mikrofone skree, en die cd speler wat vashaak,vashaak, vashaak –
as ons nie van BETER geweet het nie, sou jy sweer die duiwel is los!
Ons moes alles stop en eers die kerk se cd speler koppel, die hele atmosfeer (soos ons dit beplan het…) was daarmee heen.
Mens voel so asof jy nie ordentlik voorberei het nie, asof dit ‘n flop is, die mense wag en jy staan net daar …
Maar die HERE is getrou - en wat ons as ‘n laagtepunt beleef het,
was toe al die tyd GOD se KRAGTIGE WERKING, wat deur die hele situasie tog heeltyd daar was.
Mense het na die tyd kom praat; en cd’s koop, … meer as wat ons ooit kon dink.
Maar ons het die volle impak nie toe al besef nie.
Die volgende dag besluit ons: net vandag soek ons ‘n ordentlike cdspeler en nuwe mikrofone , sommer hier in Durban nog.
Ons gaan nie eers met die ou goed huistoe ry nie.Francois stop by die eerste beste elektroniese winkeltjie in Umhlanga.
Die ou verwys ons na ‘n plek , net verder aan met die snelweg, ‘n klank-groothandelaar. Ons moet maar daar vra waarheen om te gaan.
En so kom ons by Greg uit: hulle maatskappy is die invoerder van DENON professionele cd-spelers - die beste wat jy kan kry. En alhoewel hulle nie eintlik aan die publiek verkoop nie, sal hy tog maar met ons besigheid doen…. (toevallig ? … ek glo nie!!!)
En so ook het hulle ons bekende en betroubare SAMSON mikrofone se nuutste model in voorraad, de lot. …
Wat gaan dit nie alles kos nie?, wonder ons.
Vat ‘n raai: presies die bedrag aan cd- verkope wat ons die Sondagoggend in Umhlanga, en die aand in Richardsbaai verkoop het.
Uit ons skynbare laagtepunt, het God alweer in SY Voorsienigheid vir ons gesorg.
Gister lui my foon.
Dis ds Phillip uit Pietermaritsburg.
“Ons hoor sulke mooi dinge van julle optrede verlede Sondag aand in Richardsbaai. Sal julle asseblief ook vir ons in Pietermaritzburg kom kuier?”
Dankie HERE! Dis hoe ons weet – as ‘n mens swak is, is U sterk.
U kan ENIGE situasie omkeer , U laat U nie deur klanksisteme of menslike onbeholpenheid terughou nie.
Ons prys U!!
August 1, 2011 U MAAK ALLES NUUT
die appelkoosboom blom en ek kniel voor U om uit te roep:
Kyk, U maak alles nuut!
Uit die droewe takke van die winterboom
het U die blomme van hoop laat breek
My God, U ken die takke en die eindelose winter van my siel
As U bome - wat brandhout word - so kan herskep,
O God ... dan kan U dit mos vir my ook doen
Uit: "Hy verkwik my Siel" ; Struik Christelike Boeke
June 17, 2011 OM DANKBAAR TE WEES
Whatever is given -
money, food, work, a handshake, a smile, a good word or a embrace -
is a reason to rejoice and say “gracias” …
I learned that everything that is, is freely given by God of out of love.
All is grace....light and water,
shelter and food,
work and freetime,
children, parents and grandparents,
birth an death -
all is given to us.
Why?
So that we can say "gracias" , thanks ...
************************
You say grace before meals, all right …
But I say grace before the play and the opera, and grace before the concert and pantomime
And grace before I open a book ; and grace before sketching and painting
Swimming, fencing, boxing, walking, playing dancing …
And grace before I dip the pen in the ink
Uit: BIRDS OUR TEACHERS , JOHN STOTT, CANDLE BOOKS