In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou: Al lyk dinge ook hoe sleg, daar is ALTYD nog iets goeds oor!
Pitkos
January 25, 2021 vandag ...
Ek en jy het iets vir onsself te sê:
van vandag af gooi ek die luike van my lewe oop.
Nou het ek genoeg gehad van stok-ou lug
wat soos ou sop in die kastrol van my lewe bly oorstaan.
Nou gaan ek my luike oopgooi
diep inasem ...
en in die helder poel van die res van my bestaan induik
Uit: Hy verkwik my siel; Maretha Maartens
December 8, 2020 If you look for Me ....
If you look for Me at Christmas,
You won't need a special star.
I'm no longer just in Bethelehem,
I'm right there where you are.
You may not be aware of Me
amid the celebrations.
You'll have to look beyond the stores
and all the decorations.
But if you take a moment
from your list of things to do
and listen to your heart, you'll find
I'm waiting there for you.
You're the one I want to be with,
You're the reason that I came,
And you'll find Me in the stillness
As I'm whispering your name
November 14, 2020 WAT SAL JY SE?
Hulle is oral.
Jy sal iewers uit jou motor klim of op die sypaadjie stap, dan sal een nader kom met ‘n “het Meneer nie dalk vir my daar ‘n paar los sente nie? Net ‘n twee-Randjie, my lanie”
Soms is dit ‘n man, soms ‘n vrou, soms ‘n kind. Soms gee jy iets, net om van hulle ontslae te raak. Jy is moeg vir hulle.
Ander kere probeer jy maak of jy hulle nie sien nie.
Jy stap net aan en kyk in die verte, en dink: Loop net, loop. Los my uit.
Maar dit werk nie altyd nie.
Party kom roep by jou tuinhekkie of kom klop aan die deur.
“Kan ek meneer se kar was? Ons kry swaar”.
En wanneer hy jou kar klaar gewas het, en weg is, is jou sonbril wat in die motor was, ook weg. En dan dink jy: nooit weer nie. Maar jy kry hulle nie afgeskud nie.
Hulle treiter jou met hulle stories: “Eintlik is ek ‘n qualified boilermaker, Meneer. Ek het my pampiere. Maar toe sluit die myn mos en nou sit ek en die vrou met die twee kleintjies op straat.”
Party se stories glo jy glad nie. Ander se stories verkiés jy om nie te glo nie.
Hulle is die gewete wat jy nie wil hê nie, die vraag wat jy nie wil beantwoord nie.
Soms, veral hier in die Kerstyd, wonder jy: Sê nou een aand is daar ‘n klop aan jou deur.
Jy gaan maak oop, en daar staan ‘n man en vrou onder jou stoeplig. Die vrou is verwagtend. Die man is heelwat ouer as sy. Nie een van die twee dra ‘n trouring nie.
“Ons vra slaapplek, Meneer, sê die man. “Ons kom van ver af. Ek kan werk…ek is ‘n carpenter. Ons het rond gevra, maar die hotel en al die gastehuise is vol….”
Sê nou dit gebeur …. Wat sal jy dan vir daardie man en vrou sê?
October 24, 2020 friendship
Friendship is a sheltering tree - Oh! The joys that came down shower-like, of Friendship, Love and Liberty
-Samuel Taylor Coleridge
July 6, 2020 winterboom
soms is dit nodig vir die mens om 'n winterboom te wees
elke tak van jou siel en wese kaalgestroop van elke blaar
aleen en ysig staan jy kil in jou omstandighede
snerpend koud die winterwind van jou onsekerhede
introspeksie word dan deel van jou alledaagse lewe
rustig wag jy dan op God se tyd
terwyl die son en maan die ure langsaam aftel in die ryp
en voor jy jou kon kry verander winter weer in somer
...word die mens opnuut 'n dromer
dan kan jy weer uitsien na 'n groen lenteboom
na 'n jy, perfek deur God met blare omsoom- lowergroen in jou seisoen van somer
die winterboom word altyd weer deur God opgetower
Theo Boshoff
May 25, 2020 footprints of life
a man leaves all kinds of footprints when he walks through life
some you can see....
others are invisible, like the footprints he leaves
across other people's lives
-Margeret Lee Rumbeck
April 6, 2020 Something Lovely
Kathleen O'Meara, 'n Ierse digter, het hierdie vers geskryf in 1869, toe 'n dodelike plaag Ierland in die 1860's getref het.
SOMETHING LOVELY
And people stayed home and read books and listened ...
and rested and excercised, and made art and played
and learned new ways of being
and were still
and listened more deeply
Someone meditaded, someone prayed, someone danced, someone met their own shadow
and people started thinking differently
and people healed
and in the absence of people who lived in ignorant ways - dangerous, mindless, and heartless,
the earth began to heal ....
And when the danger ended, and people found themselves
they grieved for the dead
and they made new choices
and dreamed of new visions
and created new ways to live and heal the earth fully
just as they had been healed
March 20, 2020 Ps 16
Here, U is my lewe - U sorg vir my.
March 18, 2020 Wie kan ons skei?
My Jesus, my Redder - wie kan my ooit van U skei?
Niks om te vrees - U sal daar wees - U liefde altyd rondom my
My Skepper, my Skuiling, U wat die sonde oorwin
het aan die Kruis U liefde bewys
Vir ewig bly ek nou U kind
Eng'le of kragte of naaktheid of swaar
Hoogte of diepte of lewensgevaar
Oorvloed of teenspoed ... as God vir ons is wie kan ooit teen ons wees?
Honger of kommer of lewe of dood
Enige iets in die skepping so groot ...
Niks kan ons skei van die liefde van Jesus nie
(uit: Juig vooor die Heer)
March 10, 2020 Feetjies in die Reen
"Diep in die Tsitsikamma woude, dans daar nog feetjies in die reen ... diep in die Tsitsikamma woude, werk die kabouters een vir een. Hulle kleur die reenboog in, voor die reen seisoen begin - en die reenboog pot vol goud, word bewaar hier in die woud ..... "
My ma het altyd gese, as mens vroeg in die oggend jou gesig in die dou was, sal jy die feetjies kan sien. Dis sekerlik waar ek die inspirasie vandaan gehaal het vir die skryf van hierdie kinderliedjie. Ek glo vandag nog, dit is waar!!
March 4, 2020 die twee donkies
Twee donkies wei in die veld naby Jerusalem. Die eerste donkie se: "Ek kan dit nie verstaan nie. Eergister het almal my toegejuig en hulle klere en palmtakke op die pad gegooi sodat ek met Jesus op my rug, daar oor kon loop. Maar van gister af, is ek weer net mooi niks. Niemand sien my eers meer raak nie"
Die tweede donkie se: "Ja, dit werk maar so ... sonder Jesus, is jy niks in die lewe nie"
February 10, 2020 A FRIEND ...
a friend is a person who listens attentively while you say nothing
December 2, 2019 Die Geel verjaardag
My verjaardag val toe hierdie jaar op 'n Sondag, en ons het oggend- en aand optredes by kerke, en 'n ete kuiertjie by Ouma in Montana. Besige dag, nie 'n dag waarop mens 'n verjaardag kan vier nie. Dit sou hierdie jaar maar net verbygaan sonder viering, dink ek. Maar in die week vooraf, loop ek 'n mooi wit top raak, met sulke geel blomme op. En ek dink - vir die besige Sondag/verjaardag, gaan ek hierdie vrolike toppie dra.
Ons ry in by Daspoort NGKerk, vroeg daardie Sondagoggend, om die klank op te stel. Toe ek instap sien ek dit - die helder geel doek wat hulle oor die preekstoel getrek het. Met die groot goue ster, en 'n krip met Baba Jesus daarin, op 'n tafel voor die geel doek.
Nog nooit in al hierdie jare, het enige iemand geel gekies om hulle kerk mee te versier vir die Kersdiens nie. Rooi en groen, ja, wit, silwer, selfs pers .... maar geel ...? Nog nooit.
Toe weet ek: die Here stuur vir my 'n boodskap - My kind, ek is lankal hier. Ek het vooruit gekom om die kerk te kom voorberei. Jy pas hier vandag. Jy is net waar Ek jou wil he. So met jou geel klere aan - simbolies van vreugde, en lewe. Ek is by jou, Ek gee jou my Guns. Geniet die feesdag!
Wat 'n verjaardag geskenk, wat 'n voorreg! Dankie, my Here!
November 7, 2019 Lees Lukas
Begin op 1 Desember om een hoofstuk per dag uit Lukas te lees. Daar is 24 hoofstukke - op Ou Kersaand sal jy dan die hele geskiedenis van Jesus se lewe en doel op aarde ken - en op Kersfees oggend wakker word en verstaan wat die ware rede is om die dag te vier!
October 10, 2019 Vier fees, ook vandag!
Dra altyd wit klere, volgens Prediker 9:8.
Trek feesklere aan - nooi die Here as Eregas na jou lewe. Vra sommer ook of Hy die Gasheer sal wees wanneer jy ander mense deel maak van jou leef-fees. Bemoedig hulle met 'n stukkie brood, 'n gebed, of 'n kuier..Dra iemand wat swaarkry se las.. Seen iemand wat niks op die naam het nie met 'n stukkie hulp..Ontferm jou oor iemand wat deur almal misgekyk word.
Moenie dat vandag verbygaan sonder dat jy die Here se vreugde aangegee het na iemand anders toe nie.
Die Prediker het nog 'n voorskrif: Gooi reukolie oor jouself. Met ander woorde, versprei 'n vreugdevolle aroma. Ruik vars. Lyk vars.Leef vars.
Laat die nuwe geur van lewe afskop by jouself. .... Verban daardie goor klagtekantoor in jou eie lewe. Daar is oorgenoeg beswaardes om jou, wat dit heeltyds beman.
Kies vandag vir jouself feesklere en reuk-olie - die Here se soort!