Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Thursday, July 19, 2018
[1] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


June 30, 2008
GEBED IN JULIE

GEBED IN JULIE

Here, ek het U so nodig

as 'n rots by Wie ek kan skuil;

as 'n sterk vesting buite bereik van alle gevaar.

Dankie dat U altyd daar is vir my wanneer ek 'n wegkruipplek nodighet;

dat U my beskerm en toemaak onder U vlerke

sodat geen gevaar naby my kan kom nie;

dat U u engele opdrag gee om my te beskerm waar ek ookal gaan.

Dankie dat ek as U kind 'n blywende tuiste het

waar ek seker kan wees dat U my sal red omdat U my liefhet,

Dat U my sal beskerm omdat ek U Naam ken.

Dit is vir my te wonderlik dat U elke keer my gebede verhoor

en dat U in my nood by my is.

Hou my elke dag digby U

want ek weet dat ek daar volkome veilig is

AMEN


June 11, 2008
SO IN DIE RY ...

SO IN DIE RY …

 

Ai, ons twee kan boeke skryf oor alles wat met ons op pad gebeur.

Verlede Vrydag-oggend moet ons 8 uur klank opstel in Pretoria Noord, vir ‘n kleuterskool se Ouma en Oupa tee. Ons bly in Roodepoort , en met die kragonderbrekings, oorvol paaie en padverleggings op die snelweë, besluit ons toe dat 6 uur die oggend ‘n goeie tyd is om by die huis te ry. Dit sal ons twee ure gee om aan die anderkant van te Pretoria kom. So gesê, so gemaak.

Die uiteinde van die storie is dat ons toe twintig voor sewe by ‘n petrol stasie in Pretoria Noord vir ons koffie koop en sit en koerantlees tot agt-uur. Dit was toe maar veertig minute se ry – nie ‘n ander kar op die pad nie, nie ‘n rooi lig wat ons ophou nie, nie ‘n ongeluk of padblokkade nie … ons seil daar deur die Poort asof dit spesiaal vir ons gebou is!

Ek kan julle vertel dat daar 7 uur in die oggend heelwat huisvroutjies in Pretoria Noord is wat vergeet het om die vorige aan brood en melk huistoe te bring , en wat dan vroeg oggend met vaal gesiggies en ‘n sweetpak oor hulle slaapklere, haastig by die garage kafeetjie insluip om die nodige te kry ….!

 

...Sou ons weer 6 uur gery het? Ja, verseker. Want ry nou net ‘n half-uur later, en álles is teen jou!!!




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za