Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Thursday, July 19, 2018
[2] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


December 9, 2008
HALLELUJA
Liewe musiekvriende!
Francois en ek wens julle die wonderlikste Kerstyd toe ...
'n Kerstyd waarin ons almal met verwondering sal her-ontdek
hoe lief die Here ons werklik het.
Mag julle in die saamwees met vriende en familie ook Sy naby-wees ervaar,
en mag Hy elkeen wat alleen is, met 'n vrede toevou,
wat alle verstand te bowe gaan 

Hier is vir julle 'n Halleluja vir Kersfees:

Wanneer die kersliggies die strate verhelder
wil ek beleef hoe U Lig hierdie donker wereld verlig
Terwyl ek my kersboom versier, 
wil ek onthou hoeveel pakkies genade
U elke dag onder die boom van my hart sit
En wanneer ons geskenke uitruil
wil ek die Grootste Geskenk van alle tye
weer in my lewe innooi

Ek wil vanjaar met oorgawe uitjubel:
Eer aan my God wat in die Hemel regeer
en vrede aan almal hier op aarde!

    



Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za