Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Thursday, July 19, 2018
[1] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


January 12, 2009
DIE VIER KERSIES
Eendag was daar vier kersies. Hulle het vrolik en gelukkig hulle liggies laat brand.
Maar na 'n tyd, het die eerste kersie met die ander gepraat:
"My naam is VREDE. Die mense op aarde kan glad nie meer met mekaar oor die weg kom nie. Dit help nie dat ek langer brand nie"
En stadig het VREDE doodgegaan.
Toe praat die tweede kersie:
"My naam is GELOOF. Maar die mense  het begin om op hulleself en op allerhande ander dinge staat te maak. Dit help ook nie dat ek meer brand nie. En toe kom daar 'n wind op, en waai GELOOF dood.
Die derde kersie het ook begin praat.
"My naam is LIEFDE. Maar mense weet nie meer hoe om mekaar lief te he nie,  hulle het selfs vergeet hoe om die mense heel naaste aan hulle, lief te he. Ek is nie meer belangrik nie"
En ook LIEFDE het uitgebrand. 
Dit was skemer donker in die kamer.
'n Kind het ingekom, na die uitgebrande kersies gekyk en gevra:
"Hoekom brand julle nie meer nie? Julle is veronderstel om tot die einde toe te bly brand!"
En toe begin die kind te huil.
Maar die vierdie kersie het gepraat:
"Moenie bang wees nie, moenie huil nie! My naam is HOOP. 
Solank as wat ek nog brand, kan ons al die ander kersies weer aansteek!"
Die kind het HOOP geneem en weer vir VREDE, GELOOF EN LIEFDE aan tgesteek. 
Dit was weer lig in die kamer, en die kind was bly.

Ons wens jou die kersie van HOOP , as hierdie jaar dalk donker en onseker voor jou le .
 



Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za