Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, September 18, 2018
[4] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


July 3, 2013
VUL MY

My eie waterbak het al male sonder tal stukkend geval, Here

Dan het ek dit self probeer regmaak, die stukke prober optel, prober lym en las

Maar so 'n kruik lek, Here ... my lymwerk is swak; my laswerk skeef

Die water loop vining weg en die wat daaruit moet drink, bly dors

Maak U my liewer heel, o Heer ..

Ek weet dat ek altyd broos sal bly, en dis ook reg so

Maak my egter so heel, dat ek vir 'n dors wereld U lewende water kan aanbied

Maak my heel, en vol - vriendelik, geduldig, eerlik en regverdig, liefdevol en sensitief

O Bron van lewende water, vul my met U self; met geloof, en hoop

Maak my werklik U Beelddraer

'n Heel mens om ander te inspireer - nie met my woorde nie- 

maar met wie ek is in Jesus Christus

Amen




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za