Wat Bied Ons
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Sunday, September 5, 2010
[4] Visitors Currently Online
Wat Bied Ons
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


ONS HET 'N VERLOWING!
"Oom, dis nie al nie, " kondig Chris so 'n paar weke gelede aan in Francois se kantoor, nadat hulle

Lees Verder...


Pitkos


BOODSKAP
U wag op ons gebede soos ons op briewe wag ook U wil van geliefdes hoor tussen die lyne lees , die sinne t

Lees Verder...

 

Wat het ons om aan te bied ???

GESINSKONSERTE…

Soos by ‘n kerkbasaar, kleuterskool, woonwa-naweek, vakansie-oord, enige kerk-of skoolfunksie. ‘n Deel van die program word spesifiek aan die kinders gewy. ‘n Lekker verskeidenheid van ligte liedjies, ou-bekend en splinternuut. Heerlike vertellings tussenin. Baie gemaklik en informeel.

OGGENDTEE…

‘n Optrede by ‘n oggend-tee funksie neem sowat ‘n uur en bestaan uit ‘n verskeidenheid van ligte liedjies soos Wil jy dans Carina, keurspele van ou-bekende musiek, voorlesings, vertellings en ook ‘n bietjie geestelike pitkos en musiek. Ons hou daarvan om ‘n tema te kies, soos bv. Die vreugde van vrou-wees, die liefde, kleure, seisoene, Kersfees, ens. Ons tree dikwels by oggendfunksies op en weet dat dit altyd ‘n baie keurige en smaakvolle geleentheid is. Daarom het ons ons program fyn beplan om die dag werklik spesiaal te maak vir die gehoor. Ons voorsien ons eie klank en beligting asook plakkate en ‘n foto vir bemarkings-doeleindes.

KONSERT VIR BEJAARDES ...

         Ons het 'n besondere sagte plekkie vir bejaades en ons weet dat hulle ons musiek baie waardeer. Ons tree graag op vir diens-         sentrums en bejaarde aksies op 'n deur-geld basis, as daar natuurlik genoeg mense kom. Die program is 'n uur, en ons bied hierdie spesiale diens aan op weeks oggende.

KINDERKONSERT..

Die LEKKERLIEDJIE KINDERKONSERT is ‘n konsert spesiaal vir kleuters en kleiner kinders. Dit bestaan uit lekker saamsing-liedjies soos Oom Olifant, Pannekoek, Olke Bolke en Sjokolade , en nog baie ander. Die kinders word betrek met beweging, samesang en stories …ons weet dat nie net hulle nie, maar ook die juffrouens en die mammas dit oneindig geniet!

Die aanbieding is opvoedkundig van aard, en is hoofsaaklik in Afrikaans, maar ondervinding wys dat kinders nie eintlik taal-gebonde is nie en dat musiek tot almal spreek. Hierdie is die ideale geleentheid om die kinders op ‘n baie leersame en prettige manier aan kultuur bloot te stel.

DIE LEKKERLIEDJIE KINDERKONSERT word aangebied deur Elizabeth Fourie, wat op die terrein van kindermusiek geen bekendstelling nodighet nie. Haar liedjies is gebruik op TV en radio in programme soos Wielie Walie, Belboks en Siembamba, asook in die klaskamer, in revues, konserte en koor-aanbiedings. Sy het verskeie kinder-albums op die mark – OLKE BOLKE ,  DIE HEEL LEKKERSTE KINDERLIEDJIES, MY BESTE JESUSLIEDJIES en DIE LEKKERLIEDJIE KONSERT DVD.

Skole en kleuterskole reël graag ‘n kinderkonsert sommer in skooltyd, as deel van die kinders se kultuuropvoeding. Dit werk ook baie goed by ‘n laerskool se ope-dag vir nuwe leerlinge.

SANG-EREDIENSTE…

Bestaan uit sang, samesang deur die gemeente, voorlesings en gebed. Hierdie program het al baie harte geraak en is ‘n geleentheid om die erediens baie spesiaal te maak. Ons het ons eie klank en verskaf ook die begeleiding vir die samesang. Die diens maak voorsiening vir lidmate van alle ouderdomme en neem +/- 50 minute. ‘n Sang-erediens word beplan volgens ‘n toepaslike tema, bv. Kers Sangdiens, Gebedsimfonie, Paas Sangdiens, Lof en Dankdiens, Moedersdag / Vadersdagdiens.

Ons is self belydende lidmate van die NGKerk. Alhoewel mense ons leer ken het vir ons ligte liedjies soos Wil jy dans Carina, het die Here ons geestelike musiekbediening in die laaste tyd geweldig gesëen en ons wil baie graag meer en meer op hierdie terrein ‘n bydrae lewer.

MY BESTE VIR JESUS

Hierdie geestelike program is geskik vir die kinderkerk of gesins-erediens. Met geestelike liedjies, samesang, beweging en inspirerende vertellings, word die kleiner kinders spesifiek bedien en leer hulle speel-speel die basiese Bybel waarhede.  Grootmense vind  net soveel baat hierby!

 

Wat Bied Ons
©2007 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za