Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Sunday, September 5, 2010
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


ONS HET 'N VERLOWING!
"Oom, dis nie al nie, " kondig Chris so 'n paar weke gelede aan in Francois se kantoor, nadat hulle

Lees Verder...


Pitkos


BOODSKAP
U wag op ons gebede soos ons op briewe wag ook U wil van geliefdes hoor tussen die lyne lees , die sinne t

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


August 17, 2010
ONS HET 'N VERLOWING!

"Oom, dis nie al nie, " kondig Chris so 'n paar weke gelede aan in Francois se kantoor, nadat hulle so 'n bietjie na sy mediese versekering gekyk het ... en Francois gaan sit weer, bietjie bekommerd oor wat moontlik alles hier kan uitspring.

Ons het mos nog nie dié pad geloop nie, die pad saam met twee kinders wat nou al 'n jaar of wat met blink oë na mekaar kyk, heeltemal te blink.

"Oom, ek wil met Minnette trou." Man tot man.

Dis moes 'n geheim bly, Francois moes die "tannie" net 'n bietjie voorberei, niemand mag weet nie, veral nie ons meisiekind Minnette nie. So gooi Francois toe daardie aand vir ons twee 'n laat-aand glasie wyn in dat ons dié nuwe ding 'n bietjie kan  oordink.

En so kom hulle toe Sondag hier aan: sy, met die mooiste ringetjie aan die vinger, en ons nuwe seunskind Chris, met 'n kyk in sy oë asof hy nou net die lotto gewen het. Ons geluk ken geen einde nie. Dis trane en lag, en feesvier, en saampraat en droom oor die mooi dag wat kom.

Geluk, Chris en Minnette! Ons wil vir julle so graag dieselfde mooi lewe saam gee, as wat ons bevoorreg was om tot nou toe te hê!

 


July 29, 2010
STER VAN DIE WEEK

Luister volgende week, 2 - 6 Augustus elke dag net na twaalf, na STER VAN DIE WEEK op rsg, 100 -104 fm. Ons dvd, HARTSPORE, word gepromoveer en jy kan wen!!!!

Ons het ook 'n nuwe afleweringsdiens: Sms bloot FOURIE na 39622, volg vier maklike registrasie stappe, en vier dae later word HARTSPORE by jou voordeur afgelewer!


July 27, 2010
BEEP TO ME
Bestel ons Hartspore CD/DVD Combo deur n eenvoudige SMS te stuur. Vinning, Maklik en Eenvoudig.
Lees meer hieroor by www.beeptome.com

Banner - beeptome.com

Francois & Elizabeth Fourie – Hartspore CD/DVD Combo

SMS : FOURIE
NA: 39622
EN BETAAL: R105.00 vir die DVD en R35 Aflewerings koste
ALLES VIR SLEGS : R140.00
EN DIE DVD: sal afgelewer word by jou deur
BINNE: 4 dae

July 20, 2010
HARTSPORE OP DIE LUG

Luister na HARTSPORE op radio!

2 Augustus        12h00 STER VAN DIE WEEK , op rsg

8 Augustus        19h30, op  BAY FM PORT ELIZABETH 

9/11  Augustus  BOSVELD STEREO

GENIET!

 


July 6, 2010
ONS IS OP KWELA!

Sien ons Woensdag aand 20h00 op KykNet se tydskrif program Kwela. Dis op kanaal 111,  en daar is herhalings op die volgende tye: Donderdag 14h30; Saterdag 18h30, Sondag 13h00 en Maandag 08h30.

HARTSPORE word bekendgestel!


June 23, 2010
SPESIALE AANBOD!

SPESIALE KONSERT-AANBOD VIR SENIORS! (druk en gee aan julle Bejaarde-aksie, Aftree oord, of enige Senior-aksies!)

Die gewilde sangpaar Francois en Elizabeth Fourie reik in Julie hulle eerste dvd, HARTSPORE ,  uit. Dit is ter viering van hulle groot treffer, “Wil jy dans Carina” , wat 21 gelede opgeneem is en kits- bekendheid vir hierdie twee beteken het.

Francois en Elizabeth wil HARTSPORE graag bekendstel met ‘n spesiale optree-aanbod  aan getroue ondersteuners, wat hulle musiekloopbaan al vir soveel jare met belangstelling volg. Vir slegs R10 deurgeld per persoon, en R500 deposito om die bespreking te bevestig, kom bied Francois en Elizabeth ‘n oggend-program aan van sowat ‘n uur se ou- en nuwe trefferliedjies, lekker vertellings, stories, pitkos, en mooi hehinneringe wat hulle op die sang-pad bymekaar gemaak het.

Francois en Elizabeth sing sedert hulle studentejare in Pretoria reeds saam. Met die weg-hol sukses van hulle eerste goue treffer "Wil jy dans Carina",   het Francois en Elizabeth se musiekloopbaan oornag vlerke  gekry. Meer treffers het gevolg, en vandag is dié twee landwyd geliefd en in aanvraag. Hulle is kort-kort op TV te sien in programme soos Jukebox, Noot vir Noot, DKNT,  Roer , en Dis hoe dit is.  

HARTSPORE sal teen ‘n spesiale openings aanbod van R120 te koop wees, wat ‘n dvd en cd insluit. Daar is ook kindermusiek, bladmusiekboeke en geestelike albums te koop. 

Voorwaardes geld:  Die aanbod is geldig vir 2010. Die aanbod is spesifiek gerig op ouer mense, vir ‘n minimum van 150 persone, in die oggend. Die aanbod geld slegs op datums wanneer ons buitendien in julle omgewing is, om vervoerkoste uit te sny. Kaartjies kan teen ‘n hoër bedrag verkoop word, maar verkieslik nie meer as R20 nie.

Kontak: elizabeth@efmusiek.co.za


June 18, 2010
HARTSPORE IS HIER!

Kyk uit vir ons eerste dvd HartSpore, aan die begin van Julie op die rakke.
Daar is alles op waarvan julle sal hou: van die ou-bekende treffers soos Wil jy dans Carina, Meer as Woorde, Vredendal tot Beestekraal, Pienk Sjampanje en Ek hou van Jou , tot splinternuwe liedjies soos Hoor my Hart en Dolfyne!
Tussenin is daar lekker gesels, stories, snaakse goed wat al met ons gebeur het, foto's en wonderlike ervarings van 21 jaar in die musiekbedryf. Hierdie is veel meer as net 'n "live show" ... hierdie is ons "life show"!!
En as bonus, ook nog 'n CD ingesluit met die nuwe musiek daarop.
HartSpore kan, soos al ons ander produkte, ook pos-bestel word.

Klik op die skakel, en geniet solank 'n stukkie van hierdie lekkerte saam met ons!
Gratis Goeters of kyk die video direk vanaf Kyk gerus ons HartSpore DVD Voorsmaak.


June 15, 2010
FACEBOOK

SLUIT AAN BY ONS FACEBOOK FAN CLUB! SEARCH:  Francois&Elizabeth.

'n Vinnige manier om te hoor waar ons optree, en wat gebeur in ons lewe!


May 14, 2010
HIERDIE PINKSTER

Kom deel saam met ons die wonder van die Heilige Gees, as ons in die Pinkstertyd saam met verskeie gemeentes aanbid. Gaan kyk gerus op ons optrede-kalender vir detail ... daar is Fochville, Linden, Weltevredenpark,  Vryburg en Wesselsbron.

Dan is daar ook lekker kuier-oggende op Hennenman en Springs!

Sien julle daar!

 

 


April 9, 2010
KLERKSDORP, QUELLERINA EN KOPPIES!

Ons kuier in April lekker rond. 

Klerksdorp Biblioteek Dienste bied op die 15de twee kinderkonserte aan in die stadsaal en almal wat nog jonk van gees is, is BAIE welkom om dit saam te kom geniet! Bel vir Heidi, by die biblioteek. 

Dan is daar die 16de 'n BESONDERE Paas-aanbieding by die NG Kerk Quellerina in Roodepoort. Ons weet dat hierdie program in die verlede baie harte geraak het. Kom luister en sing lekker saam. Kontak vir Liza by 083 4136617 vir meer inligting. 

En Sondag oggend die 17de 09h00 is ons met ons Paas-Sangdiens by Koppies Moedergemeente. Almal welkom! Dit verniet.

Later in die maand, op die 29ste, speel ons weer lekker saam met die kleintjies van Lichtenburg by 'n  kinder skou-konsert. Bel vir Alice by 0186325167!   Sien julle daar!!


March 15, 2010
DVD-OPNAME KOM NADER!

As jy nog kaartjies wil kry vir ons dvd opname in die Centurion Teater op 23 Maart, moet jy nou gou spring.

Kaartjies is R100 en besprekings kan by die Teater gedoen word , of by Computicket.

Die vertoning begin 20h00. Kom gerus bietjie vroeer, kry 'n bottel wyn en  geniet 'n ligte etetjie saam met vriende!

Ons sien so uit om hierdie lang verwagte dvd uit te reik. Dit gaan meer wees as net ons liedjies. Behalwe dat al die treffers van 21 jaar daarop gaan wees, gaan ons ons storie vertel... staaltjies, snaakse gebeure, wonderlike ervarings op en agter die verhoog ... EN dan is daar nuwe liedjies ook!

Wat 'n voorreg om na 21 jaar so iets te kan saamstel as 'n mooi hehinnering van soveel goeie tye!

Kyk uit daarvoor so van Junie/Julie af.


January 21, 2010
DVD KONSERT OPNAME - DATUM GESKUIF

DVD KONSERT OPNAME

Die datum was eers 8 Februarie, maar is geskuif na 23 Maart 2010, 20h00.

Bespreek sommer vandag nog by die Teater, 012 6647859.

Kaartjies kos R100 en sluit 'n ligte aandete in.

Bring vriende, kom koop 'n lekker bottel wyn en kuier heerlik saam om 'n kerslig -tafeltjie! 

Ons program bestaan uit al die geliefde treffers soos Carina, Meer as Woorde,

Vredendal tot Beestekraal, 'n paar lekker stories, en ook opwindende nuwe liedjies

wat ons spesiaal vir die dvd opneem. 

Dit sal lekker wees om julle almal daar te sien!!

    

 


December 20, 2009
ONS IS NOG HIER!

Dis einde Desember ... hoe kan mens glo dat hierdie jaar so vinnig gevlieg het!

Dit was vir ons 'n vol jaar ... en ons kan net dankie sê omdat alles so goed gegaan het.

Ons het oor baie myle veilig gery, ons het op so baie plekke 'n gasvrye en warm ontvangs gekry;

ons het altyd, altyd die Vader se Hand oor ons gehad.

Van Brackenfell tot in Letsitele, van Olifantshoek tot in Secunda, Pietersburg, Ellisras, Bloemfontein, ....

Dankie aan elkeen wat met watter klein of eenvoudige bydrae ookal, ons lewe in hierdie jaar verryk het

met briefies, blommetjies, geskenkies, 'n warm slaapplekkie, 'n lekker botteltjie kontrei-konfyt, ai, dis so kosbaar!

Dankie bo alles, dat julle vir ons bid. Dit is so wonderlik dat daar oral mense is wat vir jou bid.

Ons bid ook vir julle, ons mense, wat na ons kyk met oë vol bewondering, somtyds soekende oë,

partykeer moeë oë, partykeer honger vir Goeie Nuus, soms eensame oë, dan weer blink, onskuldige, opgewonde kinder-ogies

Ons bid ook vir julle elkeen die Christus-vrede,

waarsonder niemand van ons die Kerstyd of die Nuwe Jaar kan binnegaan nie

Francois en Elizabeth

 

  


November 26, 2009
ONS MAAK 'N DVD!!!

"Carina" is volgende jaar 20 jaar oud.

Dis mos die liedjie wat vir ons die deur oopgemaak het na die musiek wereld

Om dit te vier, wil ons graag volgende jaar 'n dvd uitgee met Carina,

en 'n verskeidenheid van  liedjies wat deur die jare die gewildste was.

Ons gaan 'n konsert opneem vir die doel - jy's welkom om te kom!

Dit gaan 'n lekker kuier-aand wees om tafeltjies, met 'n eetdingetjie en 'n lekker bottel wyn.

Daar is net vir sowat 100 mense plek - bespreek betyds!

CENTURION TEATER

8 FEBRUARIE 2010, 20H00

BESPREKINGS: Centurion Teater - 012 6647859, of Computicket

Ons sal julle graag daar wil sien!


November 10, 2009
ONS REIS EN ROER OP KYKNET!

Dis omtrent 'n ge-reis- en 'n geroer in die Fourie huis hierdie November. 

'n Rekord maand vir optredes, meestal Kers-sangdienste en optredes saam met skole - sien datums by ons optrede-afdeling!!

Dit wissel van Parow tot Pietersburg en ons moet net kop-hou om op die regte tyd op die regte plek te wees.

Dan reis ons ook nog op REISE EN SOETKYSE ...

KYKNET , Sondag oggend 15 NOVEMBER , 08h30

En dis nie al nie ....

FRANCOIS KOOK AFVAL in ROER!

KYKNET, Donderdag 19 NOVEMBER , 20h00

Dan dink mense jy trek Parys toe omdat dit so 'n lekker "aftree-dorpie " is ....?

FOUT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za