Pitkos
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Friday, August 23, 2019
[2] Visitors Currently Online
Pitkos
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Bespreek nou vir Desember
Die jaar vlieg! As jy lus is vir 'n lekker wegbreek na Parys in die Vrystaat gedurende Desember, kontak ons gerus oor o

Lees Verder...


Pitkos


I WILL ...
I will live more true to life I will remember all I can I will grow - Deela Khan

Lees Verder...


Terugvoering


Seniors Paasontbyt, Centurion 16 April
Goeie more! Ai wou gister al vir jou geskryf het. Julle is 'n gedugte span. Ons is oorval met komplimente oor die oggend

Lees Verder...

 

Pitkos en nog meer...



In PITKOS kan jy kort kort 'n inspirerende stukkie kry, net om te onthou:
Al lyk dinge ook hoe  sleg,  daar is ALTYD nog iets goeds oor! 
Pitkos


August 19, 2019
I WILL ...

I will live more true to life

I will remember all I can

I will grow

- Deela Khan


July 2, 2019
no matter ...

no matter who is president

JESUS is King


April 2, 2019
MOENIE MET OU TANNIES MORS NIE

MOENIE  MET OU TANNIES MORS NIE                          

‘n Ouerige dame word eendag afgetrek omdat sy te vinnig ry…

Is daar ‘n probleem, Konstabel? vra sy

Konstabel:         Mevrou, u het te vinnig gery.
Dame:               O, ek sien.
Konstabel:         Kan ek u bestuurslisensie sien asseblief?

Ouer dame:       Ek sou dit vir jou gee, maar nou het ek nie een nie.

Konstabel:         Het nie een nie???    

Dame:                Het dit 4 jaar gelede al verloor weens dronkbestuur.
Konstabel:         O… kan ek dan u motor registasiedokumente sien asseblief.
Ouer dame:       Dit kan ek nie doen nie.
Konstabel:         Hoekom nie?
Dame:                Want ek het die kar gesteel! 
Konstabel:         Gesteel???
Dame:                Ja, en ek het die eienaar vermoor.

Konstabel:         U het WATTT???
Dame:                Hy’s in ‘n plastieksak agter in die kar, as jy wil kyk?

Die konstabel tree versigtig agteruit, en roep versterking in oor sy radio.

‘n Senior polisieman met 5 ekstra ander polisie voertuie arriver binne 5 minute op die toneel. Die senior polisieman kom versigtig nader, sy hand op sy pistool, net vir ingeval…
Polisieman:        Mevrou, klim asseblief uit die voertuig uit!

Die dame klim uit. 
Is daar ‘n probleem Meneer? 
Polisieman:        Hierdie konstabel beweer dat jy hierdie motor gesteel en die eienaar vermoor het.
Ouer Dame:       VERMOOR???
Polisieman:   Ja. Maak asseblief die kattebak oop, Mevrou.
Die dame maak oop, maar daar is niks nie.

Polisieman:        Is hierdie voertuig u s’n Mevrou? 
Ouer dame:       Natuurlik, hier is die registrasiepapiere.
Die polisieman is heel verward.
Hierdie konstabel beweer dat jy geen lisensie het nie?

Die dame vroetel in haar handsak en kom met ‘n wettige bestuurslisensie vorendag. Die polisieman inspekteer die lisensie – nou is hy nog meer verward.

Polisieman:        Jammer mevrou, maar hierdie konstabel het beweer dat jy nie ‘n lisensie het nie, dat jy die motor gesteel en die eienaar vermoor het?

Ouer dame:       Gmf, ek wed jou hy’t ook gesê dat ek te vinnig gery het!!!


December 31, 2018
God se naam

MY NAAM                                                                    1

Ek was spyt oor dinge van die verlede,

en ek was bang vir die toekoms.

Toe praat die Here met my en sê:

My Naam is EK IS –

Toe wag hy, en huiwer …

Ek het my asem opgehou … en toe sê Hy:

As jy in die verlede leef met sy foute en verwyte

gaan dit swaar. En Ek is nie saam met jou daar nie daar nie –

My Naam is nie EK WAS nie

As jy in die toekoms leef, met al sy onsekerhede en probleme,

gaan dit ook swaar, en EK is ook nie daarin saam met jou nie

want My Naam is  nie EK SAL WEES nie.

As jy in hierdie oomblik leef, nou, vandag –

gaan dit goed met jou. Want Ek is hier.

My Naam is

EK IS


October 6, 2018
BLAPSE IN DIE KERK AFKONDIGINGS

BLAPSE IN DIE AFKONDIGINGS                  

·       Vir alle ma’s wat kinders het en dit nie weet nie – ons het ‘n moederskamer net langs die kerk

·       Die blomme in die kerk sal geskenk word aan mense wat siek is na die erediens

·       Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aan het nie en kom deel in die pret!

·       Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink. Sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 4-uur daar wees.

·       Alle vroue kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal bymekaar vir ‘n praatjie oor die Hemel – hoe jy daar kan kom? Vervoer is beskikbaar om 7-uur vanaf die bushalte oorkant  die hotel.

·        ‘n Nuwe luidsprekerstelsel is in ons kerk geinstalleer. Dit is geskenk deur een van ons lidmate ter herhinnering aan sy vrou.

·       Weight Watchers het weer Woensdag-aand ‘n byeenkoms in die saal. Gebruik asseblief die dubbeldeure van die sy-ingang.

 

         "Ek sou nie graag wou Hemel toe gaan, as ek nie seker was dat God ‘n goeie sin vir humor het nie!” - Martin Luther


April 5, 2018
saam gevat

bo pad, onder pad

altyd-aan-die-wonder pad

op al jou lewenspaaie

het jy my saam gevat

son pad, sukkel pad

in-liefde-toegewikkel pad

op al jou lewenspaaie

het jy my saam gevat


March 29, 2018
Paaswens

Mag die Heilige Gees in die Paastyd

ons huise vul met Lig;

Ons gedagtes vul met liefde en goedheid;

en ons werke verander tot skoonheid

Geseend vir julle almal!


March 9, 2018
Thank God...

...for the way HE made you. You are special, distinct, and unique. You were not made from a common mold - Erwin Lutzer


February 1, 2018
DIE WINDPOMP

Dis droog.

Ek het met U gepraat.

My gebede is 'n handvol saad - so lank gelede reeds het ek dit in U tuin gesaai.

Ek wag, my Heer.

Die stilte lê Karoo-wyd tussen U en my

Die reën bly weg.

U tap die wolke oor U ander kinders leeg; van my, het U vergeet, terwyl ek bakhand ook 'n druppel bedel ...

Toe hou ek op met kla, en vra vergifnis vir my afguns.U weet mos self wanneer my beurt moet kom!

En so, my Heer, op U eie tyd, breek U die water-aar.... 

My put raak vol - my windpomp draai al singend in die wind!

Die toegewaaide sand wek U tot lewe

Hoe lieflik blom dit in my paradys!

(Onbekend)


November 16, 2017
om te lag ...

of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall


October 31, 2017
Daar is ALTYD iemand wat jou lief het!

Inspirasie


October 23, 2017
Oktober Tee, NGKerk Witbank Vallei

Baie dankie Francois en Elizabeth Fourie dat julle deel kon gewees het van ons projek kanker nasorg met die tema Dankbaarheid. Julle het ons baie lekker vermaak julle het ons baie laat lag en hier en daar iemand wat ñ traan gepik het. Julle twee is ñ pragtige sangpaar en dankie vir n geseënde vroue oggend.    Geseënde daggie verder en veilige rit terug. Groete Gerda


September 29, 2017
DIE SKEWE TOONTJIE BOODSKAP

Ons dogter bel 'n net mooi toe ons oppad is om die klank te gaan opstel by Groot Brakrivier, so twee weke gelede. Ons ou kleindogtertjie  sou moontlik 'n operasie moes ondergaan, sy is maar 8 maande. Dis altyd swaar as mens se kind hartseer is en jy is te ver om te kan troos of vashou ... en terwyl jy weet, jy moet binnekort mooi-lyk en lag en bly-wees op die verhoog. Ek kan self nie my trane terughou nie. So kom ons by die saal aan en die vriendelike organiseerder neem my na die plekkie wat hulle vir ons ingerig het waar ons kan regmaak en teedrink voor die vertoning. Dis die kinderkerk se klaskamer. Ek stap in - en teen die oorkantste muur, 'n groot prent geverf met kindertjies wat speel, en bome, blommetjies, gras, wolkies en 'n son. En Jesus sit daar op 'n klip, met 'n dogtertjie op sy skoot. Ek kyk stip na die dogtertjie ... sy lyk vir my dan net soos ons Lize! En skielik onthou ek: ek het haar dan ingedra met haar doop. Ek het haar dan fisies na Jesus toe aangedra... hoe kan ek ooit twyfel? Wat ookal vir haar en vir ons voorle - sy sit op Jesus se skoot! Ek stap nader, wil so graag aan haar raak - en toe sien ek die skewe groot-toontjie wat so punt in die wind staan waar dit by die Moses-plakkie uitsteek. En ek dink - ons Lize het ook so 'n punt-in-die-wind groot-toontjie, hy staan altyd so effens skeef na die een kant toe! 'n Groot vrede spoel oor my. Jesus het my self kom vertroos, en ek was dadelik beter. Nodeloos om te se: die konsert was 'n absolute hoogtepunt. 'n Paar dae later bel Minnette. Die neuro-chirurg se daar sal nie 'n operasie nodig wees nie. Dit sal vanself regkom, soos sy opgroei. God is SO groot. Prys Hom!


August 26, 2017
Vriende is 'n vreugde in die lewe

My friends have made the story of my life. In a thousand ways they have turned my limitations into beautiful priviledges - and enabled me to walk serene and happy in the shadow cast by my depriviation - Helen Keller


July 28, 2017
met U voete

Dit is met U voete

wat ek loop

O God van my lewe

My liggaam, wat hier beweeg

is U werktuig – tot U eer

U dink in my gedagtes....

Dit is U stem

wat oor my lippe sing

U skoonheid is voor my

en U skoonheid volg my

bo my en langs my

fladder die vlinder

van U nabyheid

Op my pad is U

om my en in my

In my jeug ontdek ek dit

In my ouderdom vergeet ek dit nie

Daarom stap ek die voetpad van my lewe

met vreugde

Want U het dit reeds

vir my uitgetrap




Archives

 

Pitkos
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za