More Elizabeth, Ons gaan dalk volgende jaar weer kuier. Dit was ongelooflik en ons kan nie uitgepraat raak oor die belewenis nie. Mag julle n baie mooi Kersfees ervaar. Nogmaals dankie. Attie Roux, N G KERK LINDLEY.
November 24, 2020 N H KERK CARLETONVILLE
Baie dankie vir die prag Somer Kersfees boodskap. Groete Elliy Nigrini, organiseerder.
November 23, 2020 Hervormde kerk Carletonville
Goeiemore Elizabeth, baie dankie vir jou mooi boodskappie, ons waardeer dit opreg. Al die mense het die aand verskriklik geniet. Dankie vir die mensies wat julle is, julle is dierbaar. Mag julle 'n Geseende Kersfees ervaar.Liefdegroete, Elmarie Myburgh. Skriba, N H Kerk Carletonville.
November 14, 2020 DORINGKLOOF FAMILIEKERK, 12 NOVEMBER 2020
Liewe Francois en Elizabeth,Daar spring jy my voor om dankie te sê vir ‘n heerlike oggend saam met julle twee. Ons terugvoer van dié oggend, was net sooooo positief en ons gemeente se seniors het dit nodig gehad om weer na mooi musiek te luister en teruggevoer te kon word na ons jongdae se musiek en sang. Die Kersprogram was ook so goed vir die siel en julle leef julle Christenskap so mooi uit deur julle sang en optredes.‘n Mens raak so vinnig verroes met die voorbereiding om funksies te reël met al die Covid-reëls en julle het dit vir ons baie maklik en gemaklik gemaak.Nogmaals dankie en ‘n Geseënde Kerstyd vir julle as gesin.
Groete, Danita en Denise -
DORINGKLOOF FAMILIE KERK, CENTURION.
March 10, 2020 Graaf Reinet
Goeie Môre Elizabeth
Ons wil net van die geleentheid gebruik maak om julle te bedank vir ‘n wonderlike Lofsang aand by ons gemeente gisteraand. Ons het baie goeie terugvoering gekry van mense wat dit bygewoon het.
Veilige reis verder.
Groete, Charmaine
Saakgelastigde: NG Graaff-Reinet 049 892 2422
November 25, 2019 NG Kerk Empangeni
Liewe Francois en Elizabeth, Ek en die lidmate van NG Empangeni gaan Sondag 24 November 2019 nog vir ‘n baie lang tyd onthou!
Dankie aan julle dat julle ons lewens kom verryk het met so baie spesiale diens.
Gods rykste seën aan julle.
Groete uit die kerkkantoor, Zonia
November 20, 2019 Kers sangdiens Tuinedal 17 Nov
Francois en Elizabeth
Baie dankie weereens vir julle lieflike program en mooi talent wat julle met ons kom deel het. Die program was baie spesiaal. Vele was in trane.
Mooi Feestyd vir julle albei
Charlotte, N G Tuinedal, Sasolburg.
April 24, 2019 Seniors Paasontbyt, Centurion 16 April
Goeie more! Ai wou gister al vir jou geskryf het.Julle is 'n gedugte span. Ons is oorval met komplimente oor die oggend.Baie dankie vir julle vriendelikheid en die liefde wat julle uitstraal. Vreugdevolle Paastyd! Baie liefde, Sandra Lyttelton Diens Sentrum
October 6, 2018 Irene Reynecke, Nelspruit
Ek glo en vertrou dat dit sommer baie goed gaan daar by julle.Ek het 'n bestelling om te plaas asseblief. Ons luister al vir jare jou musiek in die klaskamer en kyk dvd. Pannekoekbak is natuurlik ons gunsteling. Lofprysing is aan die orde van die dag. Ek tokkel graag die kitaar maar nooit geweet jy het bladmusiek beskikbaar nie.
Gaan defnitief nog bestellings plaas. 'n Vreugdevolle en rustige dag vir jou. Beste groete. Irene
April 11, 2018 Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios & Elizabeth Aliwal Noord toe kom! Nou het ons self kinders en julle musiek speel kliphard in die kar elke oggend werk toe en in die middae weer huis toe.Ons het groot pret met die rympies en kry sommer oefening ook!Dankie julle is die beste!! Nicolette Hobson- Baker THE PANTRY ALIWAL
March 9, 2018 Karin, Kaapstad
Opregte dank Elizabeth, Dis vir my 'n voorreg om jou musiek te mag aangee na die Al die Kinders van die wereld!Ek het baie jare oorsee in verskillende lande gebly en daar ook met kinderhuis kinders gewerk en gesien hoe groot is die behoefte aan liefde en omgee onder kinders. Maar hier plaaslik is waar ek jou musiek kan gebruik, en glo vir my, ek doen!! Baie dankie ek gaan nou begin oefen aan daardie zulu woorde. Ek bid jou en Francois seen toe op julle werk Liefde in Christus Karin Greyling
February 7, 2018 Michele, Sutherland
Liewe Francois en Elizabeth, Ek wou nie voorbarig wees en n skrywe rig nie.Maar julle was absoluut in ons harte Sondagaand. En ons was saam in Gees met julle.Ons waardering is groot.
Vir jul gebede! Dis die belangrikste! Jul gebede vir enkelinge asook ons hele Distrik.Dankie. God is groot.Almagtig.Ek weet nog nie hoeveel julle ingesamel het nie. Ek sal seker by die voorsitter hoor – later.Mag God julle seen en seen en seen. In oorvloed.Met liefde en omgee en deernis en begrip en helderheid van verstand.Baie baie liefde, Michele en Sutherlanders
November 16, 2017 Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE E-MAIL. ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS, MAAR ALTYD ‘N BEKOMMERNIS. VAN AL DIE INWONERS VAN PANORAMA, HULLE HET JULLE OPTREDE BAIE GENIET EN KAN NIE UITGEPRAAT RAAK HOE MOOI DIE AAND WAS NIE. NOGMAALS BAIE DANKIE.
BAIE GESEENDE KERSFEES GROETE.BAIE LIEFDE GROETE VAN PANORAMA INWONERS - LAPPIES EN CAROL LABUSCHAGNE, Welwillendheids Komitee
November 7, 2017 NG Vanderbijlpark Sentraal, 5 Nov'17
Baie dankie aan julle, vir ‘n absoluut fantastiese kerssangdiens. Dit was baie, baie spesiaal. Altyd lekker om julle by ons te hê en ons sal weer so maak in die toekoms. Ek is bly dat julle “tuis” voel by ons! Liefde tot volgende keer - Amorien
October 17, 2017 Nan, uit Lynwood
Hallo Elizabeth, Wat ‘n heerlike verrassing was dit nie nou toe my dogter haar seun se kleuterskool Oupa en Ouma dag uitnodiging vir my stuur en sien julle tree op nie!! Dit gaan ‘n groot voorreg wees. My kleinseun is gek oor Houtkapper, Wekker en Skilpad! Hy gaan baie lekker saam tannie Elizabeth sing. Ons kyk ook jou Lekkerliedjiekonsert DVD. Sien jou oor twee weke by Bambi Lyttleton.Hartlike groete, Nan