Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Terugvoering



Liewe Elizabeth,  Baie dankie nogmaals vir die wonderlike middag saam by Herfsoord.  Met hierdie gesellige middag kon  die Sosiale Klub ‘n skenking aan die Versorgings afdeling by Huis Siesta doen wat deel van die Herfsoord Kompleks is. Dit stel bejaardes wat minder gegoed is in staat om weer n nuwe stel duvets en handdoeke sowel as noodsaaklike toilet benodigdhede  te kry.   Dit is voorwaar ‘n wonderlike voorreg om op hierdie wyse terug te ploeg in die Bejaardesorg.  Ons sal graag weer van julle wonderlike dienste gebruik wil maak in die toekoms. Dit was so ‘n voorreg om julle hier te kon he.  Mag julle ryke seen ondervind in julle optredes . Dit raak lewens aan voorwaar. 

Liefdegroete en baie dankie nogmaals - Marietjie Collins