top of page

Francois & Elizabeth

_DSC8110.jpg
Welkom by ons webwerf!
Ons is bly jy het kom kuier.

Hier kan jy ons kontak, meer van ons optredes te wete kom, en ons musiek bestel.
Ons sing vir die lekker, en deel graag ons musiek in jou omgewing!


Ons storie
Francois en Elizabeth het mekaar as studente in Pretoria ontmoet en het van toe af reeds saam gesing.

Dit was egter met die vrystelling van die immergroen treffer "Wil jy dans Carina?" in die vroee negentiger jare, waarmee hulle oornag bekendheid verwerf het - en 'n lang en interessante loopbaan het gevolg.

Francois en Elizabeth het besondere bydraes gemaak tot die Afrikaans musiekskat met oorspronklike komposisies uit Elizabeth se pen. Afrikaanse Treffers -wenners soos "Meer as Woorde" en "Vredendal tot Beestekraal", en nuwer liedjies soos "Ek hou van jou" is steeds landswyd gewild.

Elizabeth se kinderliedjies is volksbesit met liedjies soos "Morsjors", "Dierbare Ouma"  en  "Ek is bly ek ken vir Jesus", wat in die FAK en verskeie ander bundels opgeneem is.

Met hulle passie as gelowiges, leef Francois en Elizabeth hulle christenskap uit met gevoelvolle lof en aanbiddings liedere en lofsangdienste in geloofs gemeenskappe.
    
Behalwe vir hulle musiek, wat die toets van tyd deurstaan het, is dit Francois en Elizabeth se optimistiese lewens ingesteldheid en sprankel op die verhoog, wat hulle voorheen die titel as Suid Afrika se gewildste sangpaar besorg het. 

Francois en Elizabeth woon in Parys in die Vrystaat. Hulle heg baie waarde aan die vreugde wat hulle kinders en kleinkinders besorg.

Die avontuur van reis, die natuur, stap, gholf en kuiers saam met vriende, is van die ander tydverdrywe wat Francois en Elizabeth gelukkig maak.

"Die lewe is steeds die moeite werd ... geniet elke dag! "... is die boodskap wat hulle graag met hulle musiek wil oordra. 

Optredes ... 

Lofsang erediens
Konsert vir seniormense

Optredes is sowat 'n uur, of volgens behoefte.
Ons voorsien eie klank.

Daar is 'n klein basiese optrede fooi en die res word bepaal deur die reiskoste.
​
SPESIALE PRYS!
As die optrede deel vorm van 2025 se landswye "Carina" toer, is die totale koste R3 500.

Navrae:
082 5624323
elizabeth@efmusiek.co.za

 
_DSC8069_edited.jpg
AUSSIE TOER 4.JPG
_DSC8100.jpg

"Wil jy dans Carina?"
Storie en Musiek konsert
Ons toer in 2025 landswyd
met hierdie baie spesiale aanbieding,
om ons musiekstorie te vertel
en ook ons gewildste liedjies
oor 'n tydperk van 35 jaar, te sing.
TOERDATUMS '25  - Die jaar van 70 konserte - 
1 Feb -   Ventersdorp
13 Feb - Akasia 
14 Feb - Parys
16 Feb - Pierneef Teater                                                                           
19 Feb - Midstream
26 Feb - Lichtenburg
27 Feb - Protea Aftree oord Pretoria
5 Mrt - Elarduspark
14 Mrt - Heidelberg
26 Mrt - Hartbeespoort
10 Apr - Waverley
10 Apr - Pretoria
12 Apr - Potch
13 Apr - Bloemfontein
13 Apr - Brandfort
14 Apr - Aliwal Noord
17 Apr - Aliwal Noord
20 Apr - Rhodes                                                        
4 Mei - Gonubie
11 Mei - Port Alfred
15 Mei - Port Elizabeth
16 Mei - Despatch
17 Mei - Humansdorp
18 Mei - Patensie
20 Mei - Mosselbaai
22 Mei - Graaff Reinet
29 Mei - Selrose Park Benoni
6 Junie - Nelspruit
8 Junie - Witrivier
15 Junie - Phalaborwa
20 Junie - Eiland Spa                                                
21 Junie - Potgietersrus
22 Junie - Nylstroom
16 Julie - Benoni
24 Julie - Potchefstroom
27 Julie Potchefstroom Noord
10 Aug - Kimberley
21 Aug - Meyerton
27 Aug - Montana
28 Aug - Bronberg Pretoria
7 Sept - Wilgespruit Roodepoort
9 Sept - Willow Village Pretoria
10 Sept - Montana
19 Sept - Calvinia                                                                                        
20 Sept - Loeriesfontein
21 Sept - Vredendal
22 Sept - Vanrhynsdorp
23 Sept - Vredendal
24 Sept - Sederhof Clanwilliam 
24 Sept - Sederville Clanwilliam
25 Sept - Lambertsbaai
26 Sept - Citrusdal
28 Sept - Worcester
4 Okt - Nylstroom                                                                                      
13 Okt -  Bethal
14 Okt - Ermelo
15 Okt - Witbank
16 Okt - Middelburg
17 Okt - Bronkhorstspruit
21 Okt - Sally Martin Parys
1 Nov - Florianda Pretoria
16 Nov - Reddersburg
18 Nov - Grootbrakrivier
19 Nov - Riversdal
20 Nov - Gansbaai
21 Nov - Kleinmond
23 Nov - Helderberg Village SomersetWes       
26 Nov - Stellenberg NG Eversdal
27 Nov - Othello Kuilsrivier
28 Nov - Franschhoek
29 Nov - Durbanville
4 Des - Melkbosstrand
7 Des - NG Laaiplek









 

Elize 3 musiek  storie3.png
DSC_7706.JP14FEB3.JPG
35.JPG
PALMSONDAG.JPG
SOMERKERSFEES CD OMSLAG.jpg
bottom of page